{"product_id":"9781485310815","title":"Pieter Fourie - Teatermaker","description":"\u003cp\u003e' Olivier het daarin geslaag om ’n deeglike oorsig oor die lewe en werk van Fourie saam te stel deur onder andere literatore sowel as historici te betrek wat insiggewende bydraes oor Fourie se rol as dramaturg, regisseur, akteur en veral ook as administrateur en stigter van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees lewer.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie bundel open met Daniel Hugo se huldigingswoord ten tye van die toekenning van die Hertzogprys vir drama aan Fourie in Oktober 2003 en sluit af met Nico Luwes se commendatio vir die toekenning vir die eredoktorsgraad in drama en teaterkuns deur die Universiteit van die Vrystaat – dus ’n netjiese samevatting van dié kreatiewe reus van die dramatiese kunste se talle prestasies. ’n Aspek wat Fourie se huldigingsbundel uniek maak, is die outobiografiese hoofstuk “Die einste hy” waarin Fourie sy lewensverhaal in die derde persoon met die leser deel. Hierdie hoofstuk is geen selfverheerliking nie, maar ’n eerlike, ongesensoreerde verhaal van ’n man met foute en al – soos in Bart Nel se geval is die “einste hy” steeds net Pieter Fourie.' - Dewald Koem\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Olivier+(Redakteur)\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Olivier (Redakteur)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hertzogpryswenners\" class=\"contributor-link\"\u003eHertzogpryswenners\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Olivier (Redakteur),Hertzogpryswenners,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382899228835,"sku":"9781485310815","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485310815_6f821254-22c0-49fd-8edd-3acc05d5ecb6.jpg?v=1776551407","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485310815","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}