{"product_id":"9781485310853","title":"Tronkhond","description":"\u003cp\u003eHierdie is ŉ fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met ŉ vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met ŉ knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is ŉ mensch, ŉ ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees. Hy herinner aan Bennie Griessel: hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor ŉ hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy ŉ lang, breedgeskouerde gevangene met ŉ vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self ŉ bokser en kon sien die man het ŉ besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos ŉ weltergewig was. Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR \u003cbr\u003eJakobus Daniël (China) Mouton is 23 Maart 1957 gebore. Hy was van 1974 tot 2013 ŉ hondemeester in die Departement van Korrektiewe dienste, waar hy ook aan die berede afdeling verbonde was. Hy het as spoorsnyer gewerk en sekuriteit verskaf by maksimumsekuriteit-gevangenisse. Hy spesialiseer later in narkotika en springstof. Hy was van 2010 afdelingshoof by Brandvlei-gevangenis. Hy tree in 2013 af en woon in Laingsburg.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+China+Mouton\" class=\"contributor-link\"\u003eChina Mouton\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"China Mouton","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377252548771,"sku":"9781485310853","price":185.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485310853_d8296c29-9178-4a5d-8362-aa35cec3cd61.jpg?v=1776551419","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485310853","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}