{"product_id":"9781485311034","title":"Reza de Wet - Die Dramaturg as dromer","description":"\u003cp\u003eHierdie publikasie is die sesde in 'n reeks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy meer as 'n eeu lange tradisie binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan 'n besonderse prestigewaarde en is dit vandag 'n vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Die reeks sluit publikasies oor Adam Small, P.G .du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en andere in. \u003cbr\u003eReza de Wet: Die dramaturg as dromer  bestaan uit twee dele. In Deel I word 'n persoonlike blik op haar lewe en werk gegee deur herinneringe gedeel deur haar Afrikaanse uitgewer (Marietjie Coetsee), haar jarelange regisseur (Marthinus Basson), asook verskeie ander kollegas binne die teaterindustrie. In Deel II dra sewe nuwe akademiese hoofstukke by tot die bestaande korpus navorsing oor een van ons land se belangrikste dramaturge van die 21ste eeu.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Temple+Hauptfleisch+en+Marisa+Keuris+(Redakteurs)\" class=\"contributor-link\"\u003eTemple Hauptfleisch en Marisa Keuris (Redakteurs)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hertzogpryswenners\" class=\"contributor-link\"\u003eHertzogpryswenners\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris (Redakteurs),Hertzogpryswenners,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377432379555,"sku":"9781485311034","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485311034_1554e506-7658-46cf-b1d4-a987a5190479.jpg?v=1776551474","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485311034","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}