{"product_id":"9781485311058","title":"Die avonture van Kuifie 15: In die land van die swart goud","description":"\u003cp\u003eDie avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn In die land van die swart goud  is daar 'n epidemie van motorenjins wat ontplof, vermoedelik weens 'n probleem met die brandstof. Kuifie, Brits en Britz vertrek na die olievelde van Khemed om ondersoek in te stel. Verskeie struikelblokke staan in hulle pad: Met hulle aankoms word hulle vir misdadigers aangesien, en later kom hulle amper om in die woestyn. Die Britsze en Kuifie se hulp word ingeroep toe emir Mohammed Ben Kalish Ezab se seun, Abdallah, ontvoer word. Tussendeur probeer hulle steeds die raaisel van die ontploffende brandstof oplos.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Herg%C3%A9\" class=\"contributor-link\"\u003eHergé\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hergé","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376677601443,"sku":"9781485311058","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485311058_2d60e245-7190-4f39-ab85-f5da06c71642.jpg?v=1776551482","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485311058","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}