{"product_id":"9781485311256","title":"met die oog op môre - 'n versdrama","description":"\u003cp\u003eDie versdrama met die oog op môre gebruik verbeelding om die dinamiese verhouding tussen twee briljante mense te ondersoek: 'n swart koning en sy wit sendeling. Oor 'n tydperk van twintig jaar kom Moshoeshoe 1 en Eugène Casalis te staan voor talle uitdagings vir saamwerk en saamleef met die oog op 'n voorspoedige toekoms. As die koning van vele prysliedere in die neëntiende eeu begin om sy vergaderings af te sluit met die woorde “A re shweleng fatshe la rona” (Laat ons sterf, die grond is ons s'n) word daar 'n kreet geskep wat weergalm tot vandag toe, maar so ook woorde oor die wysheid van veelheid en verbondenheid.   \u003cbr\u003e\u003cbr\u003emet die oog op môre skets die vriendskap tussen Moshoeshoe en die Franse sendeling Eugène Casalis in Basoetoland in 1837-1855. Dit gaan oor die verhouding tussen swart en wit, en hoe ons moet leer om met mekaar saam te leef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Antjie+Krog\" class=\"contributor-link\"\u003eAntjie Krog\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Antjie Krog","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378312691875,"sku":"9781485311256","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485311256_16eae407-24d4-4906-a324-3b306aa292cb.jpg?v=1776551558","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485311256","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}