{"product_id":"9781485311836","title":"Lampie","description":"\u003cp\u003eLampie handel oor geheimsinnige seebewoners en rowwe seerowers. Oor die Swart Huis van die admiraal, waar daar glo 'n monster woon. Oor 'n grys vuurtoring op 'n eiland, wat nog net-net aan die vasteland vassit. Oor Lampie, die vuurtoringwagter se dogter, wat elke aand die een-en-sestig trappies uitklim om die lig aan te steek. Oor 'n stormagtige aand, wanneer die vuurhoutjies op is en alles skeefloop. Maar veral oor dapperheid en hoe jy meer kan regkry as wat jy ooit gedink het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Fan-tas-ties! Vir seker 'n reusegenot.” Trouw\u003cbr\u003e“'n Indrukwekkende debuut. [ …] 'n Grootse, doldraaiende, sprokiesagtige avontuur wat jy op een slag deurlees.” NRC Handelsblad\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003eAnnet Schaap (1965-) is veral bekend vir die kinderboekillustrasies van meer as 200 kinderboeke (o.a. vir titels van die kinderboekskrywers Francine Oomen, Jacques Vriens, Mieke van Hooft, Thea Dubelaar en Janneke Schotveld). Sy debuteer in 2017 as skrywer met die kinderboek Lampje, waarvoor sy die Nienke van Hichtum-prys ontvang. Dit is die eerste keer dat hierdie prys aan 'n debuutwerk toegeken is. Lampje word vervolgens ook in 2018 bekroon met die Gouden Griffel (in Nederland) en die Boekenleeuw (in België), en is ook in Afrikaans beskikbaar as Lampie (vertaal deur Zandra Bezuidenhout).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annet+Schaap\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnet Schaap\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Annet+Schaap\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnet Schaap\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annet Schaap","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378725765283,"sku":"9781485311836","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485311836_3877010d-7038-43ab-8a39-ffd38332f465.jpg?v=1776551720","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485311836","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}