{"product_id":"9781485312383","title":"Bekkies se “ding” met die volstruis - en ander stories","description":"\u003cp\u003eDit gons op Vleesbaai ná Bekkies se “ding” met die volstruis. Waar het jy nou al van so iets gehoor? G'n wonder nie die assuransie-assessor het net sy kop geskud toe hy die vernielde Toyota-bakkie ondersoek het.\u003cbr\u003eIn hierdie rubriekbundel vertel Gustaf Pienaar staaltjies oor sy bure en familie; oor modelmotortjies en régte motorkarre. Daar's iets oor vliegtuie en oor bekendes soos JFK, Churchill, Smuts, Vorster en Ian Smith. Vergeet ook nie die hand vol vermaaklike stories geïnspireer deur die skrywer se loopbaan as SAUK-omroeper en daarna as regspraktisyn nie.\u003cbr\u003ePienaar se skryfwerk getuig van 'n ondeunde sin vir humor, 'n uitstekende mensekennis en 'n wye belangstellingsveld. \u003cbr\u003eDie perfekte boek om mee te ontspan aan die einde van 'n lang dag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKort stukkies elke aand voor slaaptyd lees? Moenie glo nie, ek kon nie ophou lees nie, en is deur 'n rykdom van pittige wetenswaardighede en ervarings meegesleur. Gustaf Pienaar se sin vir geskiedenis maak hom 'n boeiende verteller. - Fransjohan Pretorius\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gustaf+Pienaar\" class=\"contributor-link\"\u003eGustaf Pienaar\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gustaf Pienaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379426377891,"sku":"9781485312383","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485312383_a5aa3dad-f8a7-465a-a0a1-813cd3c15417.jpg?v=1776551814","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485312383","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}