{"product_id":"9781485312574","title":"Die miskruier en die maan","description":"\u003cp\u003eDis een ding om jou jop te verloor omdat jy as vennoot jou voet neergesit het oor 'n verdagte staatskontrak. En nog een dat die Gladdejan vir 'n baas sy oog op jou vrou het. Maar dan wil hulle jou boonop melk vir 'n laaste argitekstekening vir 'n opkomende magnaat.\u003cbr\u003eArgitek Karel Nel deins nie terug vir die Soedan nie, net so min as wat hy kleintyd vir donshael in sy sitvlak geskrik het, en die Nubiërs se verbluffende kultuur sou selfs 'n heerlike uitdaging vir sy skaalliniale kon wees.\u003cbr\u003eMaar hy het 'n verrassing vir wie ook al dink hy gaan net weer almal uit die gemors help.\u003cbr\u003eHy is 'n man van daad. Hy onderneem reise op soek na sy wortels en om sin te maak van sy hede, maar eintlik om die speelsheid in sy huwelik te herwin. Ná uitmergelende en onsuksesvolle vrugbaarheidsbehandelings en spanning by hul gesamentlike werk is die romantiek by die agterdeur uit.\u003cbr\u003eDis 'n lekker eietydse roman, slim en humoristies met kreatiewe, hardkoppige karakters en allerlei interessanthede oor antieke kulture en kuns.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cari%C3%A9+Maas\" class=\"contributor-link\"\u003eCarié Maas\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carié Maas","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379270598819,"sku":"9781485312574","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485312574_0bc22fee-f930-49f2-ab74-70a4667ff3b6.jpg?v=1776551857","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485312574","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}