{"product_id":"9781485312635","title":"Nomadiese sterre","description":"\u003cp\u003eNomadiese sterre bied ŉ terugkyk op Hambidge se net meer as 60 jaar en veral ŉ blik op haar plek in die Hambidge-huisgesin (soos in die gedigreeks “Witbank-Blues” waarmee die bundel afgesluit word). Dié blik word 'n lamentoso, 'n pynlike terugkyk (“Antigone”) en die “blues” ŉ tint wat die stemming van die bundel kleur. Johan Myburg merk op: “Wat deurgaans opval is Hambidge se omgaan met “hartenswoorde”: woorde wat ŉ duidelike persoonlike betekenis het, maar só geboetseer word dat dit die leser toelaat om ŉ eie “hartensbegrip” daaraan te koppel. Wat veel vreugde bied is die spel en dikwels speelse manier waarmee sy omgaan.”\u003cbr\u003eDie verwysing na sterre in die titel open verwysingsvelde van sterre, gesterntes en swerwers.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joan+Hambidge\" class=\"contributor-link\"\u003eJoan Hambidge\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joan Hambidge","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378827608227,"sku":"9781485312635","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485312635_d921ebd8-9a8b-4d04-be95-64d4d75b2a81.jpg?v=1776551869","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485312635","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}