{"product_id":"9781485313083","title":"Willem Pretorius, iewers, êrens","description":"\u003cp\u003eWillem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met soortgelyke patos as Walter Meyer, aan wie alle skilders in hierdie genre hulde bring. Sy skilderye is amper foto-realisties maar inspireer tog ŉ sekere gevoel van nostalgie na ŉ verlore onskuld, na die sogenaamde goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie. Daar is ook ŉ afstandelikheid, ŉ gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir homself.\u003cbr\u003eDie boek bevat kleurafdrukke, professioneel gefotografeer, van sy 50 jongste werke, ŉ goeie mengsel van sy gebruiklike onderwerpe: huise, treine, versaakte swembaddens, landskappe, ou karre en gekrokte bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele, ensovoorts.\u003cbr\u003eElke skildery is begelei deur ŉ skryfsel van ŉ bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dis nie ŉ beskrywing of tegniese ontleding van die skildery nie, eerder vry assosiasie, ŉ kort kortverhaal, ŉ herinneringskets. Elk is ongeveer 500 woorde en beslaan dus nie meer as een bladsy nie; die bladsy langs die skildery wat dit geïnspireer het. \u003cbr\u003eOor die bydaers.\u003cbr\u003eMense wat deel is van die projek is sluit in glansganse soos Gert Vlok Nel, Deon Meyer, Marita van der Vyver, Angus Taylor, Johan Myburg, Toast Coetzer, Nathan Trantraal, Ronelda Kamfer, Deon Maas, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Coenie de Villiers, Rian van Heerden, Cas Wepener, Lien Botha. Andries Bezuidenhout het die voorwoord geskryf. Bydraes is in die vorm van gedigte, kortverhale, essays of beskrywings.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Willem+Pretorius\" class=\"contributor-link\"\u003eWillem Pretorius\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Willem Pretorius,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378234015907,"sku":"9781485313083","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313083_39b9bd55-d96f-47cc-ba1b-63225b2c8623.jpg?v=1776551997","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485313083","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}