{"product_id":"9781485313267","title":"Die wonderwêreld van Willem Landman","description":"\u003cp\u003eDie wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ŉ bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander. Alex het vir hom ŉ aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ŉ vesting op ŉ koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ŉ sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies. \u003cbr\u003eDie karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman - een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ŉ formidabele bullshitter, 'n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ŉ oog vir ŉ gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer 'n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+Kruger\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan Kruger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan Kruger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379922288803,"sku":"9781485313267","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313267_4c40ebc0-c2e2-40be-8198-7e643054e53c.jpg?v=1776552022","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485313267","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}