{"product_id":"9781485313359","title":"Moederstad: Die Kaap In Die Naoorlogsjare, 1902-1910","description":"\u003cp\u003e“Kaapstad was in hierdie tyd ’n vuil, arm en pretensieuse stad.” — K. Schoeman\u003cbr\u003eDie vyfde deel van die reeks Imperiale somer word hoofsaaklik aan Kaapstad gewy, met spesiale aandag aan die opkoms van ’n gekleurde kleinburgery en die ontwikkeling van ’n politieke bewussyn onder hulle, die ontstaan van ’n swart gemeenskap met die probleme wat dit ingehou het, Robbeneiland wat in daardie jare ’n herberg vir melaatses was, asook die passasierskepe waarvan Suid-Afrika afhanklik was vir sy kontak met Europa. As hawestad was prostitusie ’n groot probleem. Dobbellokale in Distrik 6, onwettige drank- en diamanthandel en korrupte lede van die polisiemag het bygedra tot onstabiliteit. \u003cbr\u003eDaar word ook ’n oorsig van die Kaapse platteland (die Paarl, Wellington, Swellendam, Oudtshoorn, Graaff-Reinet en Hanover) in die jare onmiddellik ná die Anglo-Boereoorlog gegee. \u003cbr\u003eSoos met vorige dele van die reeks, kleur anekdotes en kameebeskrywings Schoeman se vertelling in.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karel+Schoeman\" class=\"contributor-link\"\u003eKarel Schoeman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karel Schoeman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380690927779,"sku":"9781485313359","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313359_0907fd01-fba1-45ec-b4db-9391fbf69154.jpg?v=1776552043","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485313359","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}