{"product_id":"9781485313366","title":"Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902-1910","description":"\u003cp\u003eNuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902-1910 is die sesde en laaste deel van die reeks Imperiale somer. Hierdie deel word gewy aan die twee kleinste Britse kolonies in Suid-Afrika gedurende die jare ná die Anglo-Boereoorlog, die Oranjerivierkolonie (Vrystaat) en Natal, en meer spesifiek aan Bloemfontein, Harrismith, Pietermaritzburg en Durban. Aandag word ook geskenk aan die swart gemeenskap in Bloemfontein en op die Vrystaatse platteland, die kwessie van deelboerdery wat toenemende weerstand by wit boere uitgelok het, en die interne spanning in Natal wat tot die Bhambatha-opstand van 1906 gelei het.\u003cbr\u003eSoos die ander boeke in die reeks, kleur anekdotes en kameebeskrywings die vertelling in.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSchoeman sluit af met die verhaal van die luukse Waratah passasier- en vragskip met 82 passasiers wat op 25 Julie 1909 uit Melbourne vertrek het. Die skip het nie 'n radio gehad nie en 'n passasier het by Durban afgeklim omdat hy onveilig gevoel het. Twee dae later het die skip 290 km van Durban op pad na Kaapstad “verdwyn”. Geen wrakstukke of lyke is ooit gevind nie. Hy noem dat Waratah later deur vier ander skepe as naam gebruik is en al vier het ook vergaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karel+Schoeman\" class=\"contributor-link\"\u003eKarel Schoeman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karel Schoeman,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378256789667,"sku":"9781485313366","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313366_a38c083d-0e30-459e-bf74-5b83f34c980e.jpg?v=1776552047","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485313366","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}