{"product_id":"9781485313373","title":"Kodachrome","description":"\u003cp\u003eOm hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy 'n 3D-bril opsit of 'n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die wêreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede. \u003cbr\u003eDreyer het die vermoë om op hierdie manier te sien en om die leser só te laat sien. \u003cbr\u003eDis 'n wonderbaarlike mengelmoes van alledaagse sowel as fantasmagoriese objekte soos 'n vingerhoed, 'n verdwaalde los skroefie, 'n geel badeendjie op die vloer van 'n afdelingwinkel, die bloop, Napoleon en sy jaggeselskap wat op die vlug slaan voor 'n spul mak hase, die klankeffekte in Star Wars, 'n intakte beesoog in die pad, meerminne, 'n mimeerkunstenaar, Noorderligte, monsters, vampiere, salmanders en ander. \u003cbr\u003eDie skrywer, wat ook digter is, mors nie met woorde nie en sy gedagtes is elegant.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tom+Dreyer\" class=\"contributor-link\"\u003eTom Dreyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tom Dreyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378028200099,"sku":"9781485313373","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313373_7763f0cf-1e8d-4777-bcb5-590548ebf5a8.jpg?v=1776552051","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485313373","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}