{"product_id":"9781485313731","title":"Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin","description":"\u003cp\u003eIn Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, ’n courtisane wat eens op ’n tyd betrokke was by ’n mensehandelsindikaat. Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van ’n groter monster is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is die tweede boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks. Die eerste boek, Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag, word besonder goed ontvang:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVolgens Emile Joubert (Rapport, 24 Oktober 2021) kan mens die roman in een woord opsom en dit is “bef*k”: “Die ware Zeus was die opperste van alle Griekse gode, maar nie eens die uiterstes van sy bomenslike kragte sou die ontknoping van hierdie vernuftige plesierrit van ’n speurverhaal kon voorspel nie.” Hy wys verder daarop dat die “skryfstyl vernuftig” en die “plot behendig saamgestel” is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eThys Human (Netwerk24, 15 November 2021) beskryf Agrella se debuut as “’n onderhoudende roman wat baie lesers verdien”: “Een van die verkwiklike aspekte van Agrella se roman is dat dit net so min in ’n netjiese boksie pas as die eiesoortige titelkarakter, Zeus (Zet) van Wyngaardt.” En: “Agrella […] kán skryf en weet hoe om met maksimum effek ’n fyn balans tussen humor en erns te handhaaf.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJulio Agrella is in Springs gebore en het daar en in Brakpan grootgeword. Dit verklaar baie. Ná dekades in die (veral Engelse) korporatiewe wêreld tree hy op 50 af en lei ’n semi-kluisenaarslewe saam met sy vrou, honde en katte op ’n piepklein plasie by Dieprivier in die Outeniekwas.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Julio+Agrella\" class=\"contributor-link\"\u003eJulio Agrella\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Julio Agrella","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378725961891,"sku":"9781485313731","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313731_dfd3bdcb-ee8a-4b19-8204-4b24580416ec.jpg?v=1776552123","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485313731","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}