{"product_id":"9781485313892","title":"Een vir een","description":"\u003cp\u003eNico Scheepers is 'n jong stem wie se naam tans op almal se lippe is. Sy veel bekroonde drama Nêrens, Noord-Kaap het 'n suksesvolle kykNET-reeks geword en in 2022 skryf hy die Showmax-rillerreeks, Donkerbos. Hiervoor ontvang hy die SA Akademie se 2023 Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir 'n televisiedrama in Afrikaans.\u003cbr\u003eDié talentvolle dramaturg, regisseur en TV-skrywer is in Louis Trichardt gebore. Een vir een bevat twee van sy solostukke wat hom na aan die hart lê en afspeel in sy geboorteplek, Limpopo.\u003cbr\u003eRooivalk wen drie kykNET-Fiësta-toekennings (beste solovertoning, beste nuutgeskepte teks, beste aanbieding) asook die ATKV-Woordveertjie vir Dramateks en vertel die verhaal van 'n seun wat grootword op 'n plaas “tussen heinings wat lank voor sy geboorte al vir hom gespan is”. \u003cbr\u003eMoedertaal is 'n verhaal oor woorde en wat van jou word as jy hulle verloor. Nellie kyk terug op haar lewe en vertel die verhaal van haar reis saam met haar man, Johannes, en hul seuntjie Roelf.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nico+Scheepers\" class=\"contributor-link\"\u003eNico Scheepers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nico Scheepers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381240774819,"sku":"9781485313892","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485313892_a779ba14-1863-4c7d-920b-5256f03ff144.jpg?v=1776552155","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485313892","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}