{"product_id":"9781485315421","title":"Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika","description":"\u003cp\u003e“Dis 'n iewat obskure onderwerp. Ek het nooit besef daar is soveel van 'ons' nie. Ek dink dit is seker omdat ek hier in Suid-Afrika gewoond geraak het aan mense wat ewe adellik is, sonder titels.” - Bruce Murray, twaalfde hertog van Atholl, aan Daniël Lötter\u003cbr\u003e Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. \u003cbr\u003eSó is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell. \u003cbr\u003eAs godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het?\u003cbr\u003eHoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie? \u003cbr\u003eBlou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dani%C3%ABl+L%C3%B6tter\" class=\"contributor-link\"\u003eDaniël Lötter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Daniël Lötter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380843921571,"sku":"9781485315421","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485315421_8dfda21e-19fb-4783-9f95-4429438eccaf.jpg?v=1776552286","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485315421","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}