{"product_id":"9781485315438","title":"Weerskyn","description":"\u003cp\u003e'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig. Oor die dood van sy pa skryf hy die volgende:\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSkielik is daar minder oor van my as vroeër\u003cbr\u003eter nagedagtenis aan my pa (1952-2020) \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSkielik is daar minder oor van my as vroeër\u003cbr\u003edit vermoed ek ná my pa se dood\u003cbr\u003edat hy in lewe ook aan my behoort het\u003cbr\u003esoos elke ander ding op aarde: skemer,\u003cbr\u003esterre, wolke, genade. Dat die bontrugwewer \u003cbr\u003evoortdurend nuwe nessies bou \u003cbr\u003eaan takke van die luiperdboom\u003cbr\u003e'n sekere wanhopigheid ná die soveelste keer\u003cbr\u003euitmekaargehaal. Of die lokroep van sy lied,\u003cbr\u003eomdat daar in sy bors 'n melodie verrys\u003cbr\u003ewaartoe die vlegwerk van sy vlyt kan vergelyk,\u003cbr\u003e'n roep is ingestem tot dié wat dit hoor -\u003cbr\u003ewant skielik is daar minder oor van my as vroeër\u003cbr\u003edit herken ek aan sy stil vertrek die naggrens oor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie bundel bevat ook 'n aantal herskrywings\/bewerkings van bekende digters se werk. Charl-Pierre Naudé beskryf Roux as 'n “diplomatiese stem van die rede in die moeilike en dissonante projek van transformasie in Suid-Afrika se kulturele veld”. Marni Bonthuys skryf die volgende oor sy “landskapportrette”: “Die oog van die digter is dikwels soos dié van 'n kameralens wat landskapfoto's neem […] Hierdie verse herinner aan Willem Pretorius-skilderye - realisties, nostalgies en melankolies. Ek vermoed lesers gaan daarby aanklank vind.”\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alwyn+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eAlwyn Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Alwyn Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378245517475,"sku":"9781485315438","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485315438_ad42e5ac-215b-4f90-9ff4-d9ca080177db.jpg?v=1776552290","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485315438","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}