{"product_id":"9781485315674","title":"Daardie lewe: Karel Schoeman","description":"\u003cp\u003eKarel Schoeman is een van die belangrikste skrywers wat Suid-Afrika nog opgelewer het, danksy die gehalte, verskeidenheid en omvang van sy oeuvre, wat verskeie literêre subgenres, geskiedskrywing en vertalings insluit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir *Daardie lewe* het Ria Winters bronne geraadpleeg wat nog nie voorheen benut is nie. Schoeman het sy navorsingsnalatenskap aan talle argiewe en institute bemaak, en sy het die meeste hiervan opgespoor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie biografie is gebaseer op haar argiefsoektogte, koerantartikels en persoonlike korrespondensie. Sy gee ook aandag aan Schoeman se boeke en sy outobiografiese aantekeninge in *Die laaste Afrikaanse boek*. Hierdie outobiografie het egter in 2002 verskyn en het nie sy laaste 18 lewensjare ingesluit nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWinters se doel was om Schoeman se lewe en sy skryfwerk teen die agtergrond van die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis na te speur.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaar is heelwat foto's, volledige eindnote en 'n bronnelys van primêre en sekondêre bronne.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ria+Winters\" class=\"contributor-link\"\u003eRia Winters\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ria Winters","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830982066339,"sku":"9781485315674","price":850.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781485315674.jpg?v=1782999118","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485315674","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}