{"product_id":"9781485315681","title":"Vivaldi en Wasabi","description":"\u003cp\u003eJacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm 'n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy 'n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie. Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede?\u003cbr\u003eNou sit Jacki sonder iemand om haar 'n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder 'n huis. In Tamatiestraat.\u003cbr\u003eToe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel - soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net 'n seuntjie is met 'n groot hartseer.\u003cbr\u003eJacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil 'n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net 'n vis-en-tjips-meisie\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristel+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eKristel Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378028626083,"sku":"9781485315681","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485315681_7450455a-3f31-45ca-a046-7f0fe2e438d4.jpg?v=1776552311","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485315681","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}