{"product_id":"9781485315766","title":"Asindeton","description":"\u003cp\u003eDie Woordeboek van die Afrikaanse Taal (s.v. 'asindeton') verskaf die volgende twee betekenisonderskeidings vir die taalkundige term asindeton:\u003cbr\u003e1 Stylfiguur wat bestaan in die weglating van die neweskikkende voegwoord(e) tussen woorde of sinne waar 'n mens dit gew. verwag, en waardeur die segging dikw. aan kernagtigheid, lewendigheid, spanning en krag win, bv. in die volgende: 'Die trekker met sy roer, sy os, sy wa, sy Boek wat in 'n binneland sy dure vryheid soek' (Totius). 2 Gemis aan samehang tussen volsinne; onverbondenheid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDr Amanda Marais beskou die gedig 'Opruiming 9' as 'n uitstekende voorbeeld van die 'werking van die asindeton binne bundelverband, maar ook die teenstrydig-magiese krag van die kreatiewe produk':\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOpruiming 9\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVerroeste sleutels met waterpype wat lek:\u003cbr\u003e'n double entendre, die digter in hoek ge-.\u003cbr\u003eDié opruiming word nou 'n opryming.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWhat is divinity if it can come\u003cbr\u003eonly in silent shadows and in dreams?\u003cbr\u003evra die digter van Hartford, Connecticut.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOns bly hom 'n antwoord skuldig;\u003cbr\u003e'n kommapunt wat verbind en skei,\u003cbr\u003eeerder as 'n uitroep of finale punt.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOns, die kollektiewe sprekers, praat\u003cbr\u003eteenstellend, sinesteties, metafories:\u003cbr\u003ein mý komvandaan staan dit opgeteken.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eInperkings, beurtkrag, reise ópgeskort,\u003cbr\u003eword 'n binnewaartse soektog, dalk\u003cbr\u003e'n horror vacui in hierdie geslote baan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMirakel of muse? Inspirasie of dwinglandy?\u003cbr\u003e'n Voortplantende metafoor genereer\u003cbr\u003etussen vastelande en tale 'n vingeralfabet.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn so 'n cul-de-sac gaan die vers oop,\u003cbr\u003e'n stuwadoor én dolosgooier, 'n oksimoron.\u003cbr\u003eKortsluitings uit taal se simboliese tyding.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJoan Hambidge kan as een van die belangrikste digters van ons tyd beskou word. In hierdie bundel bou sy voort en bied 'n vernuwende blik op bekende temas uit haar oeuvre: reis, familieverbintenisse, verlies en die aard van poësie. Sy tree ook in gesprek met internasionale en Suid-Afrikaanse sleuteldigters en -figure.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVolgens prof. Louise Viljoen is hierdie bundel veral van belang vanweë die perspektief waaruit dit geskryf word: 'Daar word naamlik teruggekyk oor die eie lewe (en dié van ander) en tegelykertyd verantwoording gedoen en bestek opgeneem.'\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Joan+Hambidge\" class=\"contributor-link\"\u003eJoan Hambidge\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Joan Hambidge,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382599401635,"sku":"9781485315766","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485315766_b76ba2d9-c6db-4f64-8a61-4e4b8685df9f.jpg?v=1776552324","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485315766","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}