{"product_id":"9781485315803","title":"`n Ander wêreld","description":"\u003cp\u003eEunice Basson se derde bundel staan in die liriese en suggestieryke tradisie van haar twee vorige bundels: Leiboom (2014, Queillerie) en By die dag (2020, Protea Boekhuis). In 'n Ander wêreld fokus sy op die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan, die wonder van die kleine moment en die ander wêrelde wat hierdeur geaktiveer word: \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKlein koninkryk\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn 'n droë blomsteel van 'n agapant\u003cbr\u003eis 'n wêreld in die kleine versteur \u003cbr\u003etoe verkenners soos 'n oop kraan \u003cbr\u003eoor die tuinier se snoeiskêr spoel: \u003cbr\u003eVerskans teen die koue skuil \u003cbr\u003e'n nes swart miertjies wat paraat \u003cbr\u003eoor hordes larwes waak tot die eerste \u003cbr\u003etekens van lente hier en daar \u003cbr\u003ein klein botsels aanmeld, dopluise \u003cbr\u003evol heuningdou hulself vir die kolonie \u003cbr\u003eaanbied, en 'n nuwe geslag afstig \u003cbr\u003emet 'n bloedeie koningin. \u003cbr\u003eVir die tuinier: ook 'n nuwe seisoen \u003cbr\u003evan snoei en bot, van bloei en verwelk. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eProf. Alwyn Roux skryf die volgende oor die bogenoemde gedig: “[Hierdie gedig] illustreer pragtig hoe 'n mikrokosmos binne 'n agapant-blom vasgevang word. Nie alleenlik fokus die inhoudelike aspekte op hierdie fantastiese element van die blom en die ander wêreld wat dit huisves nie, maar dit zoem ook uit na die tuinier wat die blom snoei. Die digter is dus ook 'n samesteller van 'n bloemlesing, wat hierdie ander wêrelde van die natuur nader aan die mens se realiteit bring, maar self ook aan dieselfde natuur, van lewe, groei en doodgaan, onderdanig is.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBasson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit. Sy skryf oor die natuur en wêreldgebeure, asook treffende gedigte oor haar familiegeskiedenis en die dood van haar broer. Baie lesers sal hulle met die temas in die bundel kan vereenselwig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eunice+Basson\" class=\"contributor-link\"\u003eEunice Basson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Eunice Basson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382525477027,"sku":"9781485315803","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485315803_c13b14a4-0597-4c4c-8529-be1c50007e44.jpg?v=1776552328","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485315803","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}