{"product_id":"9781485315995","title":"Tobie Cronjé","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eIn hierdie biografie (met outobiografiese neigings) gesels Tobie in eenvoud – alhoewel soms diep filosofies – oor sy menswees en loopbaan. \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eVerskillende onderhoude met Tobie oor die afgelope vier jaar is geredigeer deur sy vriend Chris Vorster om Tobie sover moontlik – veral as hy gesels oor sy kinderjare – direk aan te haal. Hier en daar voeg Vorster konteks by deur mede-akteurs en vriende of familie se wyshede, maar die inhoud en geselstrant is ten volle Tobias Jurgens Cronjé! Tobie: “Hoe ouer mens word, hoe meer waardevol raak tyd.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eJy moet dan juis nie tyd mors op twak nie. Iemand wat my biografie lees se grootste uitgawe is nie die aankoopprys nie, maar die tyd wat daai arme mens aan die lees spandeer. Dit moet die moeite werd wees ... op verskeie vlakke. Dit moet seker inspirerend wees, en mense moet miskien iets daaruit leer (as hulle wil) ... so, twee van die grootste lesse wat ek al in my lewe geleer het is om jou naaste lief te hê soos jouself, en om nie te eet terwyl jy nies nie.”\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Chris+Vorster\"\u003eChris Vorster\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Chris Vorster","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48153844547747,"sku":"9781485315995","price":378.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781485315995.jpg?v=1789597646","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485315995","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}