{"product_id":"9781485900641","title":"Percy Jackson en die Olimpiers 01: Weerligdief","description":"\u003cp\u003ePercy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van 'n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is 'n paar van hulle woedend vir hom. Zeus  se meesterweerligstraal is gesteel, en Percy is die hoofverdagte.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNou het Percy en sy vriende net tien dae om Zeus se gesteelde eiendom op te spoor en terug te besorg, anders gaan daar oorlog op die berg Olimpus uitbreek. Maar as hy sy heldetaak wil voltooi, sal Percy meer moet doen as net die dief vastrek hy sal vrede moet maak met die pa wat hom nie wou hê nie; hy sal die raaisel van die Orakel moet oplos, wat hom waarsku dat 'n vriend hom gaan verraai, en hy sal 'n konkelplan moet probeer fnuik wat magtiger as die gode self is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rick+Riordan\" class=\"contributor-link\"\u003eRick Riordan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Percy+Jackson\" class=\"contributor-link\"\u003ePercy Jackson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rick Riordan,Percy Jackson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379264602275,"sku":"9781485900641","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485900641_d44b04e1-084e-4de4-a98f-45e846bd94ff.jpg?v=1776552622","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485900641","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}