{"product_id":"9781485903314","title":"Dinge van 'n hond","description":"\u003cp\u003eAan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ŉ Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ŉ manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie.\u003cbr\u003eDit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ŉ erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDan is daar Bettie Rondganger. 'n Alleenloper. 'n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ŉ bestaan moet maak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDinge van 'n hond is 'n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat 'n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+S.P+Benjamin\" class=\"contributor-link\"\u003eS.P Benjamin\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"S.P Benjamin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378331533475,"sku":"9781485903314","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485903314_507d5f64-4275-4c18-86ce-e802bb407cfd.jpg?v=1776552951","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485903314","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}