{"product_id":"9781485904236","title":"Bloedsteen","description":"\u003cp\u003eDinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor 'n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met 'n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in 'n luukse hotel op Hermanus.\u003cbr\u003eHande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep 'n charismatiese profeet die skare op tot 'n histerie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eStorm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook 'n teiken.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIntussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou 'n privaat speurder, om 'n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVan Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van 'n sneltrein.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irna+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eIrna van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irna van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376628252835,"sku":"9781485904236","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485904236_1450b5ec-08c3-44ba-a883-b594215278b9.jpg?v=1776553115","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485904236","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}