{"product_id":"9781485904434","title":"Op 'n mooi dag","description":"\u003cp\u003eMet Louw Roodt se verdwyning ná 'n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie.\u003cbr\u003eWas Louw in 'n ongeluk, het sy 'n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agtergelaat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?\u003cbr\u003eToe breek die nuus van 'n man wat in 'n Kaapse hotel vermoor is. Dieselfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeër dié dag die gasspreker by haar werk was.\u003cbr\u003eHet Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? 'n Voorval wat vir Louw 'n groot sielkundige knou gegee het.\u003cbr\u003eDeur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irna+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eIrna van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irna van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379337380003,"sku":"9781485904434","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485904434_9db5ae12-ba9a-4707-a9da-2460828e4c0c.jpg?v=1776553152","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485904434","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}