{"product_id":"9781485904465","title":"Waar onthou begin","description":"\u003cp\u003eToe Elfrieda ná ŉ lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in 'n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor 'n motor ingehardloop het nie.\r\n \r\n'n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring 'n flits herinnering: Voor haar sien sy 'n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.\r\n \r\nMaar die onthou bring seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens 'n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.\r\n \r\nElfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank.\r\n \r\nOnderliggend aan haar verhaal loop nog 'n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars 'n fluistering in die geskiedenis was.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Connie+Luyt\" class=\"contributor-link\"\u003eConnie Luyt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Connie Luyt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378259476643,"sku":"9781485904465","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485904465_3a4d9454-17ee-4047-8fa2-66da0bb47dba.jpg?v=1776553160","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485904465","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}