{"product_id":"9781485904717","title":"Om beter te kan moor","description":"\u003cp\u003eHierdie is die finale boek in die drieluik oor die Francke-reeksmoordenaars en volg op ADDER en BRANDMERK.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMeer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen dié tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar 'n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van 'n seun 'n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?\u003cbr\u003eWanneer die lyk van 'n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar\u003cbr\u003emoordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met 'n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar? Op Coetzersdal word kaptein André Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hý ontvang ŉ vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?\u003cbr\u003eTussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies\u003cbr\u003ehaar kriewelrig maak nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek speel met die idee van “evil twins”. David Francke het ŉ halfbroer wat baie soos hy lyk. En wat dalk dieselfde obsessies as hy het ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christelle+Wessels\" class=\"contributor-link\"\u003eChristelle Wessels\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christelle Wessels","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379751338147,"sku":"9781485904717","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485904717_ffc70886-d5ca-4bd6-9c89-c5dd7e4e8ef4.jpg?v=1776553185","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485904717","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}