{"product_id":"9781485904885","title":"Tenk","description":"\u003cp\u003e1987. 'n Konvooi vegvoertuie is op pad na Angola om oorlog te maak. Vir die eerste keer is Suid-Afrikaanse tenks deel van die opmars om die Rooi Gevaar te stuit.\u003cbr\u003eKommandant Leon Marais dra nie net die las as bevelvoerder nie, maar bots ook met sy direkte hoof. Marius is nie 'n man wat daarvan hou om beveel te word nie.\u003cbr\u003eTenkbemanningslid, Abrie Ahlers worstel met sy eie probleme. Sal hy sy belofte kan nakom om betyds terug te wees vir die troudatum met sy sewentienjarige swanger meisie? Sal hy enigsins terugkom? En hoekom lieg hy oor die dood van sy pa?\u003cbr\u003eDie insypelaar, majoor Cassie van der Merwe, moet in gevaarlike omstandighede te voet op die vyand spioeneer, en Pietie de Villiers, die jong dokter sonder enige weermagopleiding, word getaak om 'n mediese pos in 'n vyandelike gebied te beman.\u003cbr\u003eSersant Pierre Wessels praat 'n beangste dienspligte moed in en dra 'n gewonde 32-makker na veiligheid onder swaar bombardement. Motorwerktuigkundige Lappies Labuschagne moet al sy vernuf as soldaat inspan om met 'n mankolieke Ratel 'n gedugte Russiese tenk aan te vat.\u003cbr\u003eDit is van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola. Daar is soldate wat sterf en vermink word. Ander breek onder die spanning. Almal keer terug met wonde in hul gemoed.\u003cbr\u003eDit is Operasie Modulêr. Dit het alles gebeur.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pieter+Stoffberg\" class=\"contributor-link\"\u003ePieter Stoffberg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pieter Stoffberg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379901218979,"sku":"9781485904885","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781485904885_49c2af63-6bc0-4cf8-bcc8-2ae6b443158f.jpg?v=1776553214","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781485904885","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}