{"product_id":"9781770028661","title":"Piekfyn Afrikaans EAT Graad 11 Leerderboek","description":"\u003cp\u003ePiekfyn Afrikaans Graad 11 bevat hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir dié van julle wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal aanleer. Boonop word taalleerstof op 'n boeiende en dikwels prettige manier met dié van verskeie ander vakke geïntegreer om julle ervaringswêreld te verryk en uit te brei.\u003cbr\u003eWanneer assessering ter sprake kom, val die klem op die inhoud en vaardighede van Afrikaans as vak en word jy deel van 'n proses wat jou in staat stel om op hoogte van jou eie vordering en prestasie te bly. Die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede in Piekfyn Afrikaans word deeglik vervat in 'n wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite. Jy word deurlopend blootgestel aan luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, terwyl jy terselfdertyd die vermoë ontwikkel om Afrikaans funksioneel, kreatief en speels te gebruik en te skep. Vir eksamenvoorbereiding is daar 'n piekfyn Taalgids en Letterkundegids agter in jou boek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+BEST+BOOKS\" class=\"contributor-link\"\u003eBEST BOOKS\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"BEST BOOKS","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47586718187683,"sku":"9781770028661","price":329.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781770028661_80acbf67-7604-455b-a37f-7ad26abea767.jpg?v=1776569986","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781770028661","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}