{"product_id":"9781770078321","title":"Watter boom is dit? 'n Beginner se gids tot bome in Suid-Afrika","description":"\u003cp\u003eVir die beginner kan die groot aantal boomspesies wat in Suider-Afrika voorkom - sowat 1 700 inheemse en ingevoerde spesies - oorweldigend wees. Hierdie nuutste toevoeging tot die Watter?- reeks help met hierdie probleem deur die aanskoulike, algemene, opvallende en soms buitengewone spesies in terme van hul 'familiegroepe' te beskryf. Kennis van die boomfamilies help met die herkenning van verwante bome se gemeenskaplike kenmerke en ook die eienskappe waaraan spesies van mekaar onderskei word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek bied:\u003cbr\u003e- Talle volkleurfoto's van die diagnostiese kenmerke van bome;\u003cbr\u003e- Opsommings van groepkenmerke in verstaanbare taal;\u003cbr\u003e- 'n Geïllustreerde woordelys van plantdele;\u003cbr\u003e- Notas met interessante bykomende inligting.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAlle boomliefhebbers, veral beginners, sal hierdie boek baie nuttig vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eugene+Mol\" class=\"contributor-link\"\u003eEugene Mol\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Eugene Mol","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375619948707,"sku":"9781770078321","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781770078321_0bbc6769-db38-44b0-8cfd-5385bb404820.jpg?v=1776570759","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781770078321","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}