{"product_id":"9781770078796","title":"Newman se voëls van Suider-Afrika (PVC Omslag)","description":"\u003cp\u003eDie gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voëlboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se mees geliefde voëlkenners, Kenneth Newman.\u003cbr\u003ePVC omslag.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voëlkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die boek bevat al die voëls wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voëls van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibië, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voëlgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou. Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voël soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit. 'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls te gebruik.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kenneth+Newman\" class=\"contributor-link\"\u003eKenneth Newman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kenneth Newman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375600058531,"sku":"9781770078796","price":550.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781770078796_2ea1cd05-4321-4f13-b631-0730c82d376e.jpg?v=1776570831","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781770078796","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}