{"product_id":"9781770225022","title":"Engele in die vreemde Buitelandse vroue in die Anglo-Boereoorlog Chris Schoeman","description":"\u003cp\u003eNa die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met 'n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom - van Brittanje en sy kolonies, en van pro-Boerlande in Europa. Maar wat ook al hul oorsprong, het hulle almal hierheen gekom om in onaangename en vreemde toestande te leef en te werk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEngele in die vreemde vertel die verhale van twaalf van hierdie dapper vroue, afkomstig van Engeland, die Nederlande, België, Swede, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Sommige het as verpleegsters aan die front gewerk, terwyl ander Boerekinders in die konsentrasiekampe onderrig het. Hierdie fassinerende en inspirerende boek is gebaseer op persoonlike dagboeke en briewe, sowel as ander oorlogsbronne, en vertel van hul beproewinge en rampspoed terwyl hulle te kampe gehad het met die gevare van oorlog, die uiterstes van die omgewing en die treurige oë van sterwende mans in hul sorg. Hul verhale is dié van barmhartigheid en moed.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAlso available in English as Angels of mercy\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chris+Schoeman\" class=\"contributor-link\"\u003eChris Schoeman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chris Schoeman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375735062691,"sku":"9781770225022","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781770225022_22ca2145-6250-4c07-b3bc-75cb6794a8e4.jpg?v=1776572612","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781770225022","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}