{"product_id":"9781775782438","title":"HAT Taal-en Feitegids","description":"\u003cp\u003eDie nuwe moet-hê-boek! Vir elke skool, elke huis, vir die koffietafel, wagkamer, om sommer net op te tel en deur te blaai, om dit en dat te wete te kom of weer te onthou ...\u003cbr\u003eKnap jou taalgebruik op. Brei jou algemene kennis uit. Verfris jou geheue. Vergewis jou van jou feite. Gaan jou spelling van vreemde plek- en eiename na. Help jou kind met skooltake. Stof jou opponente in triviaspeletjies uit. Draf blokraaisels kaf. Vra jou vriende vas. Hou op kopkrap!\u003cbr\u003eSowat 1 000 artikels oor eietydse taalgebruik.\u003cbr\u003e- Betroubare, korrekte antwoorde op taalprobleme waarmee woordeboeke jou nie help nie.\u003cbr\u003e- Duidelik toegelig met werklike voorbeelde uit die taalpraktyk.\u003cbr\u003e- Spelling, leestekengebruik, problematiese woorde en frases, die regte woordkeuse, woorde wat dikwels met mekaar verwar word, die invloed van Engels op Afrikaans, en nog meer.\u003cbr\u003eDie riglyne en inligting berus op die ondervinding en praktiese kennis wat die skrywer, Tom McLachlan, in 'n lang beroepsloopbaan as dosent, onderwyser, maar veral as taalpraktisyn opgedoen het. Hy is 'n oudvoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se\u003cbr\u003eTaalkommissie en een van die voorste kenners van Afrikaans vandag.\u003cbr\u003eFEITE\u003cbr\u003e- Sowat 6 000 deeglik nagevorste ensiklopediese artikels.\u003cbr\u003e- Inligting oor Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld.\u003cbr\u003e- Sowat 300 illustrasies, en KR-kodes wat jy met jou selfoon skandeer om addisionele inligting, oudio-, video- en beeldmateriaal op die internet en HAT se webblad te ontsluit.\u003cbr\u003e- Bykans elke land van die wêreld is opgeneem, historiese gebeurtenisse, belangrike persone, plekke, klassieke en populêre musiek, literatuur, die beeldende kunste, argitektuur, teater, rolprente, mitologie, godsdiens, sport, en meer.\u003cbr\u003e- Suid-Afrikaanse sporthelde van gister en vandag.\u003cbr\u003e- Suid-Afrikaanse skrywers, kunstenaars, musikante en akteurs.\u003cbr\u003eSaamgestel deur 14 kenners: Amanda Botha (kunsjoernalis en kunskurator), Martin Kruger (argitek), Jana Luther (woordeboekmaker en taalspesialis), Michael Morris (joernalis en skrywer), Fred Pheiffer (woordeboekmaker en taalspesialis), Ilza Roggeband (musiekjoernalis), Heinrich Schulze (regsgeleerde en sportkenner), Erika Terblanche (letterkundige navorser), Dawid van Lill (feitefundi), Leon van Nierop (rolprentkenner), Peter van Noord (joernalis en vertaler), Johan van Zyl (joernalis en vertaler), Wim Vorster (toneelkenner)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+MML\" class=\"contributor-link\"\u003eMML\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"MML","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375719432355,"sku":"9781775782438","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781775782438_b4935bb9-a31e-4e37-ba6a-1f9dd8a8b7ba.jpg?v=1776573306","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781775782438","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}