{"product_id":"9781775840053","title":"Meneer Koning se ongelooflike reis","description":"\u003cp\u003eDavid du Plessis het 'n verhaal vir kinders geskep wat gebaseer is op herinneringe en fantasieë uit sy eie kinderjare. Dit vertel van 'n koningpikkewyn se reis nadat hy deur vissermanne gevang is tydens hulle besoek aan sy verafgeleë Suid-Atlantiese eiland.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNa verskeie avonture en teëspoed, sowel bo as onder die water, beland hy op 'n strand aan die vasteland en lyk dit asof hy vir die plaaslike dieretuin bestem is - tot Moeder Natuur ingryp. Die verhaal is kleurvol deur Du Plessis geïllustreer, met breë see- en landskaptonele wat die eindeloosheid uitbeeld waarin Meneer Koning gestrand is. In elke raam en op watter skaal ook al, word die leser se oog na die pikkewyn toe gelei met sy helderoranje oog, snawel en wangkleur. Die verhaal betrek heelparty diere uit die streek, onder meer walvisse, haaie en ander seevoëls, waaronder drie ander pikkewyn-variëteite.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek sal bykinders van oor die hele land heen 'n gunsteling word.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+David+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eDavid du Plessis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"David du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375735193763,"sku":"9781775840053","price":80.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781775840053_24b4d8c2-1b89-4cad-a798-d037a5951172.jpg?v=1776574014","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781775840053","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}