{"product_id":"9781775848936","title":"Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek","description":"\u003cp\u003eHierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDié kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref 'n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos 'vind die pad deur die doolhof 'en 'soek die verskille', en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok 'n ram of 'n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding aan en verskaf ure se vermaak.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDie Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek vat kinders op 'n avontuur deur Afrika se wildernis - of hulle dit nou saamdra op safari, of tuis in hul eie den geniet.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hel%C3%A9ne+Booyens\" class=\"contributor-link\"\u003eHeléne Booyens\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Heléne Booyens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378238898339,"sku":"9781775848936","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781775848936_fa096b09-008a-4357-ac53-b81ed15c3ad1.jpg?v=1776575099","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781775848936","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}