{"product_id":"9781776056873","title":"XOV Kruisondervraging","description":"\u003cp\u003eDame Justitia, die eens mooie beeld van geregtigheid, frons.  Haar swaard, weegskaal en blinddoek het hul impak en funksie verloor.  Die swaard het stadig en stomp geword.  Die weegskaal kantel weg van ewewigtigheid.  Die blinddoek wat onpartydigheid moet illustreer, lyk soos 'n covid-19-masker wat ongemaklik geskuif het.  Sy voel, kennelik, skaam.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDrie advokate word geskiet. Hoe effektief is ons hofprosesstelsel om geregtigheid te laat geskied? Ons leef in ŉ vreemde tyd in Suid-Afrika. Effektiewe onomkoopbare polisiemanne word afgemaai. Regters baklei onderling. Sommige advokate en prokureurs speel ŉ vreemde spel. Geskilbeslegting het sleg geword. Wat gebeur wanneer ŉ gefrustreerde publiek verby die oorkookpunt gedruk word? Herbert Raubenheimer is ŉ senior advokaat en lid van die Kaapse balie. Hy was aanklaer, prokureur en advokaat vir ŉ paar dekades. Hy het in drie afdelings van die Hooggeregshof waargeneem as regter.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Herbert+Raubenheimer\" class=\"contributor-link\"\u003eHerbert Raubenheimer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Herbert Raubenheimer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524245176483,"sku":"9781776056873","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776056873_adaf0ecb-d282-40c4-ac10-88e2f15a0f96.jpg?v=1776578602","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776056873","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}