{"product_id":"9781776058365","title":"Siel Spasie","description":"\u003cp\u003eGeliefde medevrou, jy kán jouself (en God) weer vind as die lewe jou iewers langs die pad op 'n dwaalspoor geneem het. Siel-Spasie gee aan jou praktiese wenke oor hoe jy tyd en ruimte vir selfontdekking kan skep én 'n innige sielverrykende verhouding met jouself kan aanknoop. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGun jouself hierdie asemskepkans sodat jy die Here se inspraak in jou lewe weer helder kan hoor en só 'n dieper Godsverbintenis ervaar.\u003cbr\u003eIn Siel-Spasie word selfsorg (vir jou fisieke en emosionele gesondheid) en sielesorg (wat jou geestelike welstand in stand hou) op 'n unieke manier deur meditasies, joernaalhou, selfdoenoefeninge en velsorgresepte aanmekaar geweef.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAs sielkundige ryg Ine de Vries nie bloot 'n klomp sielkundige teorieë en verduidelikings uit nie, maar deel ook haar lewenservaringe en belewenisse op 'n humoristiese en gemaklike manier sodat die leser voel asof sy in haar beste vriendin se geselskap is. Siel-Spasie is die tipe boek wat oor en oor gelees kan word en waar die leser elke keer nog meer inspirasie en praktiese raad sal vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ine+de+Vries\" class=\"contributor-link\"\u003eIne de Vries\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ine de Vries","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524626661539,"sku":"9781776058365","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776058365_4d602ef0-db7d-4a98-a828-bfbc858e241e.jpg?v=1776804903","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776058365","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}