{"product_id":"9781776070442","title":"Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboek Graad 2","description":"\u003cp\u003eWiskunde-angs is 'n werklikheid wat kinders - en hul ouers - se lewens versuur en uiteindelik ook beroepskeuses beperk. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik vasgelê word nie, en dat Wiskunde só aangebied word dat kinders belangstelling verloor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm suksesvol in Wiskunde te wees, moet 'n kind onder meer 'n parate of outomatiese kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hê, sodat dit oombliklik, sonder om te dink, opgeroep kan word. Best Books se Pret met Wiskunde-reeks vir die Grondslagfase vergemaklik die verwerwing van dié kennis met verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik én lekker maak om vaardighede stap vir stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word 'n stewige grondslag vir die kind se hele skoolloopbaan gelê.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboeke vir Graad 1-3 volg die KABV-kurrikulum en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die werkboeke bestaan uit oefenbladsye, werkvelle en 'n volkleurspeletjie per kwartaal. Oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe denke en probleemoplossing, en die speletjies help om vaardighede verder in te skerp.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAl die vereiste inhoudsareas word gedek: patrone, funksies en algebra; getalle, bewerkings en verwantskappe; ruimte en vorm; datahantering; en meting.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boeke is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+BEST+BOOKS\" class=\"contributor-link\"\u003eBEST BOOKS\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"BEST BOOKS","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47523987062947,"sku":"9781776070442","price":20.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776070442_708695b6-2760-4715-a6c9-495c7cd7aa97.jpg?v=1776578733","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776070442","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}