{"product_id":"9781776090181","title":"Die Groot Drie","description":"\u003cp\u003eDie Groot Drie bied 'n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wêreldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDie Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul knieë gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net dié drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom 'n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eIn hierdie boek gee François Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, 'n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat elk van dié spotprenttekenaars gelewer het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Francois+Verster\" class=\"contributor-link\"\u003eFrancois Verster\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Francois Verster","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375575974051,"sku":"9781776090181","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776090181_b6cf5853-b81b-4bcb-80fc-48d50b15f3d5.jpg?v=1776579752","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776090181","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}