{"product_id":"9781776091102","title":"Dwarsklap","description":"\u003cp\u003ePiet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld  is baie gewild omdat dit aan 'n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit 'n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in 'n kinderhuis grootgeword het nie!\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eAfrikaans het sy lê op 'n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap  laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om 'n ontkleedanser by 'n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is. \u003cbr\u003e \u003cbr\u003e'n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Piet+Matipa\" class=\"contributor-link\"\u003ePiet Matipa\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Piet Matipa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375516795043,"sku":"9781776091102","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776091102_8c906739-d9f9-4051-9d8a-2809fa0891c2.jpg?v=1776579839","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776091102","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}