{"product_id":"9781776092185","title":"Boereverneukers","description":"\u003cp\u003eHulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense 'n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs swendelaars kom hulle moses teë...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBoereverneukers  vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVan die karakters is minder bekend by die publiek, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die Trustbank-rowers Derek Whitehead en Antonie van der Merwe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDalk het jý ook deurgeloop, maar praat tot vandag toe nie graag daaroor nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Izak+du+Plessis\" class=\"contributor-link\"\u003eIzak du Plessis\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Izak du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375588851875,"sku":"9781776092185","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776092185_2b56baa7-cd55-4653-8593-60fc740263c9.jpg?v=1776579938","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776092185","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}