{"product_id":"9781776092338","title":"Die tale wat ons praat","description":"\u003cp\u003eWanneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry 'n mens in 'n baan, of in 'n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoer regtig 'n woord? Waar kom die peet in peetouer vandaan? Hoe verskil relikte, relieke en relikwieë? Wanneer tap 'n mens 'n ui? Wat doen jy as jy varkoor gooi? Waar kry volstruis sy naam?\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eVir jare al, Sondae net ná elf, word al dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat  beantwoord. Ook word aktuele sake en interessanthede oor Afrikaans bespreek. Van die deelnemers aan die program is taalkundiges, leksikograwe en huidige en oudlede van die SA Akademie se Taalkommissie.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eIn hierdie boek bring Jana Luther en Fred Pheiffer, saam met Danny Fourie as samesteller, van die gewildste bydraes deur dié luisteraars en taalkenners byeen. Vir elkeen wat getrou by die radio luister - en almal wat lief is vir Afrikaans!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Danny+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eDanny Fourie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jana+Luther\" class=\"contributor-link\"\u003eJana Luther\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fred+Pheiffer\" class=\"contributor-link\"\u003eFred Pheiffer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Danny Fourie,Jana Luther,Fred Pheiffer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376662986915,"sku":"9781776092338","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776092338_d4629926-ea25-45fd-822d-66a44c912bac.jpg?v=1776579951","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776092338","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}