{"product_id":"9781776092420","title":"Dawie de Villiers: My Lewensreis","description":"\u003cp\u003eSpringbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.\u003cbr\u003eHierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMy lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dawie+de+Villiers\" class=\"contributor-link\"\u003eDawie de Villiers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chris+Schoeman\" class=\"contributor-link\"\u003eChris Schoeman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dawie de Villiers,Chris Schoeman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376534601891,"sku":"9781776092420","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776092420_df740d77-802b-4c7c-ac58-52eef62c369f.jpg?v=1776579963","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776092420","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}