{"product_id":"9781776092680","title":"Die onaantasbares","description":"\u003cp\u003eSteve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir Jan Ellis  en Laaste dans, Drienie  is deur literêre kritici aangeprys. Nou ontpop dié gewilde en omstrede sanger en akteur as misdaadskrywer met Die onaantasbares. \u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDie hoofkarakter in dié spanningsroman is 'n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is 'n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eHy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliënte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. Ná 'n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is 'n vaardige verteller wat lesers op 'n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen 'n hoë tempo vloei.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Steve+Hofmeyr\" class=\"contributor-link\"\u003eSteve Hofmeyr\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Steve Hofmeyr","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375772156067,"sku":"9781776092680","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776092680_0fafcee1-9936-4b29-8a11-c2c57998073e.jpg?v=1776579990","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776092680","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}