{"product_id":"9781776093076","title":"Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome","description":"\u003cp\u003eAs jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker 'n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eKobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê sodat dit met gemak en plesier gebruik kan word. Volwasse lesers verkneukel hulle nie net in die vernuf waarmee die skepper van Idees vol vrees  woord en beeld teenoor mekaar afspeel nie; die genot om ou segswyses aan die vergetelheid te ontruk, steek vure van nostalgie vir toeka se tye opnuut aan die brand.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eSoos in hierdie boek se voorganger, 'n Wolf in skaapsklere,  word die idiome van kort betekenisverklarings voorsien, en die kleurvolle illustrasies word agterin deur 'n lys met nóg idiome en uiteensettings aangevul.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eWees gewaarsku: Lesers van alle ouderdomme sal Net die oortjies van die seekoei  met moeite neersit.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kobus+Galloway\" class=\"contributor-link\"\u003eKobus Galloway\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kobus Galloway","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376551116963,"sku":"9781776093076","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776093076_bb5a8f1d-86f7-4599-977e-11cca165121e.jpg?v=1776580032","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776093076","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}