{"product_id":"9781776160600","title":"Glo-stories","description":"\u003cp\u003eIn Glo-stories kry jy twee unieke stemme in een boek. 'n Storieverteller en 'n dominee wat Sistematiese Teologie doseer.\u003cbr\u003eDana Snyman. Nadia Marais.\u003cbr\u003eTwee van Kerkbode se gewildste stemme in 'n medium wat nie so vlietend soos die slimfoon of frommelbaar soos die papierkoerant is nie.\u003cbr\u003eDana lag wanneer hy vertel dat hy weet sommige mense in literêre kringe mag hul oë rol omdat hy deesdae vir Kerkbode skryf. Soos 'n musikant wie se loopbaan dalk 'n bietjie in die sand geloop het en nou bring hy skielik 'n gospelalbum uit, skerts Dana. “Maar ek steur my nie daaraan nie, want dis nie die waarheid nie. Ek wil eintlik maar net stories vertel. Stories is groter as mense … Jesus het stories vertel.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNadia vertel oor haar doel met haar rubriek: “Ek probeer elke keer in 'n positiewe trant skryf. My doktorsgraad het gegaan oor wat dit beteken om te floreer. Dus, wat die goeie nuus is, wat dit beteken om gelukkig te wees … My bedoeling is om in elke rubriek te vra waar die flourishing is.”\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dana+Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eDana Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nadia+Marais\" class=\"contributor-link\"\u003eNadia Marais\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dana Snyman,Nadia Marais","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377203331235,"sku":"9781776160600","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776160600_db01582f-cfd6-436e-8445-173c3c8e7047.jpg?v=1776580517","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776160600","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}