{"product_id":"9781776172030","title":"Die Bybel: Woord van God?","description":"\u003cp\u003eDIE BYBEL: WOORD VAN GOD?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Kritiese evaluering van die Bybel as die Woord van God al dan nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOf mens die Bybel letterlik kan opneem en of dit werklik die onfeilbare Woord\u003cbr\u003evan God kan wees, is 'n baie aktuele en sensitiewe onderwerp waarop gelowiges doodeenvoudig net nie klinkklare antwoorde kan kry nie.\u003cbr\u003eHierdie boek spreek nou hierdie probleem aan met feite wat uit die Bybel self kom.\u003cbr\u003eDit is gewis 'n boek met talle onthullings. Die skrywer voorsien dat die moderne mens sal aanhou bevraagteken en nie meer alles goedsmoeds net sal aanvaar nie.\u003cbr\u003eDis relevante leesstof vir mense wat rondom die kwessies antwoorde soek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePierre Grigor: Die beste boek wat ek nog gelees het wat deur 'n nie-teoloog oor teologiese aspekte geskryf is … Hierdie boek getuig duidelik van jarelange worsteling\u003cbr\u003een goeie navorsing. Ek wil die skrywer gelukwens met hierdie uitnemende werk. [Voormalige NG predikant wat historiese geskrifte ondersoek]\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJurie van den Heever (Dr.): Die skrywer beskik oor 'n goeie kennis van die Bybel en sit dit duidelik en breedvoerig uiteen met baie relevante voorbeelde daarby … daar\u003cbr\u003eis baie gelowiges wat al oor hierdie vrae gewonder het, maar nie vermoë of dryfkrag gehad het om iets daaraan te doen nie. [Bekende persoonlikheid vir sy deelname aan openbare besprekings oor kwelvrae op teologiese gebied.]\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mike+Reyneke\" class=\"contributor-link\"\u003eMike Reyneke\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Mike Reyneke","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380971716771,"sku":"9781776172030","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776172030_09852a9b-76f5-463c-aec0-2efa5a96c655.jpg?v=1776580537","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776172030","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}