{"product_id":"9781776172344","title":"Nagouers","description":"\u003cp\u003e“Dit is my storie, maar dit is ook die storie van elke ouer wat al 'n keer gestruikel het,” sê Saskia de Coster by geleentheid oor Nagouers. De Coster (1976 - ) is 'n prominente figuur in die hedendaagse Vlaamse prosa. Danksy haar optrede by verskillende kunstefeeste is sy geen onbekende in Suid-Afrika nie. Nachtouders (2019) is intussen reeds in meer as tien tale vertaal.\u003cbr\u003eDit is die verhaal van “nie-biologiese ouerskap” waarby die sielkundige spanning uiteindelik maar te herkenbaar sal wees vir ook diegene wat al met “biologiese ouerskap” gekonfronteer is. Saskia word onder versweë teensinnigheid moeder saam met haar groot liefde en eggenote, Juli. Laasgenoemde dring daarop aan om 'n eie kind in die wêreld te bring. Vervolgens raak 'n skenker betrokke, Karl, 'n Kanadese homovriend van Saskia. Terwyl die skenkerproses self nie sonder moeite en selfs skaterende humor verloop nie, raak duidelik dat dit ondanks die kliniese aard daarvan nogtans die individuele agtergrond van elk van die betrokkenes op die spel bring. Sake word op die spits gedryf wanneer die gesinnetjie Karl se moeder op die eiland Portes aan die Kanadese Weskus besoek, 'n van die moderne wêreld afgeslote plek bewoon deur 'n vergrysende hippie-gemeenskap en 'n afkerige Indiane-groep. Ouerskap, liefde en die stryd om individuele lewensruimte bly onderliggend aan die gebeure met alle eienskappe van 'n riller.\u003cbr\u003eHoewel die hooffiguur ook Saskia heet en die boek eienskappe van 'n ego-dokument het, is dit 'n meesleurende roman wat uitnooi tot 'n\u003cbr\u003ebesondere leeservaring.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Saskia+de+Coster\" class=\"contributor-link\"\u003eSaskia de Coster\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Saskia de Coster","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377372348579,"sku":"9781776172344","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781776172344_8780c20f-0eef-4dc5-a44d-9a6aa9fa36dc.jpg?v=1776580589","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781776172344","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}